Francois, die skrif is aan die muur

  • 0

Beste François,

Nes jy nou reeds jare lank voorspel, gaan die Weste se val nie gestop kan word nie.

Dis om die draai.

Ek spoeg&blerts die volgende Ingelse en Amerikaanse slegte nuus:

"ANOKA, Minn., March 12, 2012 /PRNewswire via COMTEX/ -- ATK announced that it is being awarded an Indefinite Delivery/Indefinite Quantity (IDIQ) agreement from the Department of Homeland Security, US Immigration and Customs Enforcement (DHS, ICE) for .40 caliber ammunition. This contract features a base of 12 months, includes four option years, and will have a maximum volume of 450 million rounds."

(Dit kan hier gelees word: http://www.marketwatch.com/story/atk-secures-40-caliber-ammunition-contract-with-department-of-homeland-security-us-immigration-and-customs-enforcement-dhs-ice-2012-03-12)

Volgens Majoor-Generaal Buford C Blount III van die Amerikaners het hulle in die Irakoorlog destyds ongeveer 5.5 miljoen rondtes per maand gevuur. ’n Bestelling van 450 miljoen rondtes behoort dus genoeg vir sewe jaar se skiet te wees.

Nou ja, enigeen met ’n bietjie oorlogervaring weet ook waarvoor .40 HOLPUNT ammunisie gebruik word. Dis nie vir oefen nie. Dis lank reeds onwettig deur die Geneefse Konvensie vir gebruik in enige oorlog op aarde verklaar. Dis die Amerikaanse polisie se gunsteling wapen om ongehoorsame burgers in hul spore te stop.

Dus, die bestelling van 450 miljoen .40 holpunt ammunisie kan net bedoel wees vir Amerikaners, om ander Amerikaners mee te skiet ...

Nog onrusbarende nuus hierdie afgelope maand is die reuse bestelling potassium jodied tablette deur die Amerikaanse weermag. Lees daarvan hier.

Ek kan dae lank sit en tik oor hoe naby Armageddon aan ons is. Minder as twee jaar in my beskeie mening - veral noudat Spanje ook in die ring is. Voeg nou nog daarby die kwessies van Iran, Israel, Noord Korea ...

François, ons is eintlik in ons m@#% ...

Dis waar ek nog altyd jou en Ran Doodt se bydraes soveel waardeer het; vertel vir ons hoe op aarde kan ons midde hierdie enorme wêreldkrisis in die afsienbare toekoms hier aan Mzansi oorleef? Wat doen jy om nie deur die Weste platgeval te word nie?

Namaste,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top