Hallo François
Dankie vir jou belangstelling.
Jy vra:
Ek sien jy (Cornelius) reken dat die begrip van Dao, Hindoe is?? Kan jy meer uitbrei asb?
François, kultuur en godsdiens vloei millennia reeds inmekaar. Onse Groot Godin, is ’n openbaring aan die mensdom reeds lank voor 4000 vC. Hierdie liefdevolle openbaring domineer meeste kulture en godsdiens in die geskiedenis van die mensdom – insluitende dié van die Hebreërs.
Byvoorbeeld; aanbidding tot onse Groot Godin (+4000 vC) het oorgevloei na die Kurgan uitdrukking (± 3500 vC) en is weer later in die Vediese geloof ongeveer 2000 vC opgeneem. Die Vediese heilige skrifte (± 1700 vC), staan reeds sedert 1000 tot 550 vC in Indië se Hindoe godsdiens geassimileer. Die Rig Vedas( 1000 vC) het van die Vediese geloof tot Hindoeïsme (± 900 vC) versmelt.
Taoïsme het ongeveer 600 vC uit die voorafgaande verloop deur Vediese godsdiens ontstaan (nes Boeddhisme ’n paar jaar later ±560 vC).
Die pragtige uitdrukking hierbo, is ’n verhaling van die Drie-enige GOD ons MOEDER in Hindoe. Haar naam is Dev?. In die grafiese voorstelling wat ek hierbo plaas, manifesteer Sy van links na regs Lakshmi (gesondheid /materialistiese vervulling), Parvati (mag/liefde/geestelike vervulling), en Saraswati (opvoeding in kuns en kulturele vervulling).
Tot sover beskryf ek die begrip Dao se tydlyn in die geskiedenis van die mensdom.
Die woord Tao (en daarna in vele verbuiginge bekend soos die Hebreuse Tav, katolieke Thau, Dao, ...) is die eerste keer na my wete deur die Sjinese wysgeer Laotsze (± 600 vC) in sy inleiding van die Tao Te Ching, op skrif vasgelê.
Die eerste sin in die oorspronklike Pinyin Romanse van die Dao De Jing lees:
dao ke dao, fei chang dao.
Die eerste sin in die oorspronklike Wade-Giles Romanse van die Tao Te Ching lees:
tao k’o tao, fei ch’ang tao.
Hierdie twee aanhalings demonstreer hoe maklik verbuiging van woorde in godsdiens plaasvind. In die meer as 170 verskillende vertalinge van die inleiding tot die Dao De Jing, betekenTao en Dao egter presies dieselfde.
Dieselfde verbuiging het met die woord El en Elohim (so bekend in die Hebreeuse teks), na die woord Allah oor die hele Asië kontinent plaasgevind. Allah en El verwys na dieselfde GOD vir Jode, katolieke en Moslems – die G_D van Abraham.
Weens die demoniese nydigheid van Kobus de Klerk en sy paranimfe, sal ek met respek tot die onderwerp my vertaling in Afrikaans van die geseënde Sjinese wysgeer Laotsze se eerste sin in die Dao De Jing hierdie keer laat. Lees egter gerus die eerste paragraaf in my bydrae "’n Wandeling na ons oorsprong".
Wat ek wel baie spesiaal met jou en ander harte wil deel, is hierdie klankopname van dr Bevan Morris, president van Maharishi University of Management.
Dr Morris het ’n leeftyd se kennis en ervaring omtrent die onderwerp. As jy op die skakel kliek sal jy ’n opsie kry om dit te luister of te "save". Francois, dis die moeite werd om dit te "save" en nog menigmaal luister.
Met dié wat ek die skakel vir myself getoets het, het my gedagtes weer in rus en vrede weggevoer geraak in die geesvervulde stem van dr Morris.
Francois, in my voorreg om op jou belangstelling te antwoord het ek weer heel begin voel en laat daarom enige verdere reaksie op KdK en sy demone solank ek kan.
’n Geseënde naweek vir jou en almal met harte.
In die troos en dankbaarheid van Jesus Christus – GOD ons MOEDER – Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn

