Fout

  • 1

Nou die dag, in die program ‘Oggend Op RSG’, vra die omroepster vir die gas, ’n vlootoffisier, waarom daar altyd na ’n skip in die vroulike verwys word.  Die gas gee toe twee redes, ek kan nou nie onthou wat dit was nie maar dit is in elk geval onsin.  Daar is wel ’n rede hoekom meestal na ’n skip in die vroulike verwys word en dit is omdat die Engelse dit doen.  In Afrikaans is dit verkeerd; ’n skip is onsydig en sy besitlike en persoonlike voornaamwoorde is dus soos die manlike.  Dieselfde geld vir motors, vliegtuie, lokomotiewe, perdekarre ens; die goed is onsydig en dis verkeerd (en half simpel ook) om na hulle in die vroulike te verwys.

Al wanneer na entiteite in die vroulike verwys word is wanneer hulle wel vroulik is, maw kinders of kleintjies soos welpies of kallertjies of so iets kan kry.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top