hoe druk jy
die gif in jou
uit deur jou maag
jou hart
dit spoel uit jou oë uit deur
jou vingers op
jy sak neer die teer
jy hurk hy hurk twee
meter weg
masker oor sy mond sy oë sy hande hang langs sy
sye steek hulpeloos uit
nóú
huil
jy
ek gee twee kersies aan
deur die hek
ontsmet die glitterpop dis al wat ek vandag het
jou tweede verjaarsdag
deur die hek


