
Ek is 'n enkelloper en het nou in dié tradisie katte aangeskaf. Die twee is nie ma en kind nie. Die grote, wyfie, is so 9 maande oud, die kleintjie, mannetjie, so 3 maande. Nou ja, die wyfie spring elke oggend 04:00 deur my slaapkamervenster en karring met my tot ek wakker is. Die kat maauiw nie, nog nooit gehoor nie. Sy maak 'n 'mirr'-geluid en beide het swart pootkussings.
Ek dink hul behoort goed af te reken met veldmuise wat my elke jaar lastig val in Karoo, my tent en klere vol gate vreet. Die katte hou nie van vreemde mense en diere nie en loop nie rond nie. Ek voer hul gereeld 'n paar troeteldierwinkel-muise.
Ek weet nie watse katsoort dit is nie, maar ek hou van hulle. Die kleintjie volg die gedrag van die grote soos 'n slaaf en skadu na. 'ethics is caught not taught'?
Hans Richardt


Kommentaar
Veertien "bydraes" deur dieselfde skrywer op ’n enkele dag op SêNet is waarskynlik ’n rekord. Wanneer iemand gereageer op iets wat op die SêNet-hoofwerf gepubliseer is, moet dit liefs as ’n reaksie onderaan verskyn, veral as dit net ’n opmerking (en nie uitgebreide kommentaar nie) is. Verskeie opmerkings oor dieselfde saak moet liefs in ’n enkele brief aangespreek word en nie in ’n reeks afsonderlike briewe op die hoofwerf nie. Elke onderwerp moet liefs deurdink word voordat daar geskryf word, anders kan so ’n reeks briewe die indruk wek dat die skrywer namate gedagtes deur die loop van die dag by hom opkom, hy elke keer opnuut ’n e-pos tik en stuur. Dit sou billik wees as op elke publikasiedag hoogstens drie bydraes van dieselfde outeur geplaas word. Wat na die eerste drie ontvang word, kan dan sonder keuring deur Webvoet geignoreer word. Op hierdie manier word die onus op die outeur geplaas om wat hy belangrik ag, elke dag eerste in te stuur.
Johannes Comestor