"Fluit jou Woede" deur Damaine van Reenen

  • 0

Fluit jou Woede

Sy fluit 'n melodie
wat die pole van my hart magneties laat bloos
Ken die kamers van jou hart?
Die kleure van die deure in myne?
Kon jy die tempo van liefde in my hart hoor
toe jy besluit het om daar te gaan bly?

Die ritme van jou onsekerheid stop
die rat wat my hart laat klop
Toe jy die son van my geluk sien inskyn
het emosies jou die vensters leer toemaak
Steeds bly jy mismoedig met wat jy sien
maar ken jy dit wat God weet?

Ek ken 'n oomblik wat die klanke
van jou wense my hart wou gryp
en sou die voete van my siel dans
Dans jy alweer alleen?
Vir 'n tydjie hier binne wees, net daar
en verstaan jy laat dit binne my bedaar

Sing die idee van jou en my met 'n retoriese ritme
Want dis makliker om te ken as jou woede
wat die gesigte van vrees inlaat
Die gesigte van hoop swyg onder jou styl

Fluit jou woede sagter dié keer
en weet die pole van my hart is nou magneties seer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top