Ek dink dat akademici soos dié in die Kaap, wat elke jaar voel hul het ’n behoefte om "kollektief jammer te sê", ’n "jammersê-fees" in die Kaap moet hou en ophou in die media ander wie nie bevoordeel was nie, maar nou benadeel is, uit hul "kollektiewe jammersê" te laat. Dit is nou definitief ’n geestesafwyking onder akademici, wat voel "wit" moet "jammer sê" oor die verlede, terwyl bruin en Indiër hul aandeel vanaf 1983 daarin in parlement net ignoreer en saam die diskriminasie-drom slaan met swart in die media. SA politiek is nou siek en genesing slegs moontlik sonder al dié akademici.
Hans Richardt


Kommentaar
Dis ’n gawe gedagte wat jy daar beet het Hans. Iemand kan dalk geld maak deur T-hempies te verskaf gedurende hierdie jammersêfeeste met die woorde 'Ek is ’n akademikus en ek is jammer oor apartheid' groot daarop geskryf of, 'Ek is ’n student gebore na die apartheidsera en ek is jammer dat my pa en oupa en ma en ouma gedurende die apartheidstyd geleef het'. Of so-iets.