"Fairy tales" by Zan-Mari Vosges

  • 0

Fairy tales

Ek is stom geslaan – ek word bedrieg deur my oë
Is dit waar dat jy nie meer in fairy tales glo?
Waar dink jy dan kom fairy dust vandaan?
Dis ’n geskenkie aan jou – met liefde van die man op die maan

En omdat jy nou per ongeluk ’n grootmens is
Sit ek en die sewe dwergies met ’n moewiese krisis!
Moenie na my verlang nie – ek gaan op ’n lang lang reis
Ek moet ’n fairy tale gaan soek om vir jou te wys …

Ek bring vir jou Cinderella se skoen
Dis amper twaalfuur – pasop vir die vrot pampoen
Ek bring vir jou die vensterrame van Hansie en Grietjie se lekkergoedhuisie
Ek kon eintlik die hele huis steel, want die heks was nie tuis nie

En omdat jy nou per ongeluk ’n grootmens is
Sit ek en die sewe dwergies met ’n moewiese krisis!
Moenie na my verlang nie – ek gaan op ’n lang lang reis
Ek moet ’n fairy tale gaan soek om vir jou te wys …

Ek bring vir jou Rooikappie se mooi rooi kappie
Die wolf gaan seker dink jy is sy nuwe smulhappie
Ek bring vir jou Raponsie se bottel sjampoe
Bel jou hair stylist – jy kort die perfekte hairdo

En omdat jy nou per ongeluk ’n grootmens is
Sit ek en die sewe dwergies met ’n moewiese krisis!
Moenie na my verlang nie – ek gaan op ’n lang lang reis

Ek moet ’n fairy tale gaan soek om vir jou te wys …
Ek bring vir jou die eerste varkie se huisie van strooi
Dan kan jy sy twee boeties vir ’n koppie tee oornooi
Ek bring vir jou Sleeping Beauty se kussing en kombers
In haar kamer hang bypassende gordyne: pienk, oranje, geel en pers

En omdat jy nou per ongeluk ’n grootmens is
Sit ek en die sewe dwergies met ’n moewiese krisis!
Moenie na my verlang nie – ek gaan op ’n lang lang reis
Ek moet ’n fairy tale gaan soek om vir jou te wys …

Het jy my gemis? As jy my weer sien, sal jy gil en spring?
Ek wou self daar wees om die song vir jou te sing
Maar sorry my darling, my blouoognooi
Op Feetjieland se grenspos het hulle my sakke deursoek
En my in die tronk gegooi …
 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top