Facebook-liefde
Dit het begin op Facebook
Ek het my hart verloor
Gedigte elke aand …
Mooi stories oor en oor
Ek is jou voshaarnooi
Goue lokkies innie bos
Jou rymende skoonheid
Vir my kan jy nie los …
Refrein
Want ek’s jou Facebook-liefde
Jou pyl en boog
My liefde strek na jou toe
Deur die webcam se oog
Jou siel vou voor my oop
En ek begin te droom
Ek en jy alleen
Onder ’n sprokiesboom
Ek is jou sonskynkind
Ons gaan nog lepellê
Want ons liefde raak net sterker
En dis wat ons wil hê
Refrein
Want ek’s jou Facebook-liefde
Jou pyl en boog
My liefde strek na jou toe
Deur die webcam se oog
Eendag ontmoet ons skielik
Coincidence is dit nie …
Ons het mekaar gevind
In liefde is ons gebind
Ek is jou voshaarnooi
Goue lokkies innie bos
Jou rymende skoonheid
Vir my sal jy nie los …
Refrein x2
Want ek’s jou Facebook-liefde
Jou pyl en boog
My liefde strek na jou toe
Deur die webcam se oog
Want jy’s my Facebook-liefde
My pyl en boog
Jou liefde strek na my toe
Deur die webcam se oog
Ja my liefde strek na jou toe
Deur die webcam se oog
![]() |



