Facebook is 'n teistering!

  • 2

Kyk, ek is 'n geswore Druid, maar ek het nog nooit soveel viktimisasie van wedergeborenes beleef, as vandat ek my gedagtes op my blad begin plaas het nie.

Die ding wys almal wat besoek, as moontlike vrinne, maar wees versigtig! Daar is altyd 'n tekort êrens op 'n 'pastoor' se inkomste, wat jou wil 'bekeer' na sy bankrekening en verbale diarree!

Ek wonder hoekom mense nog steeds mense wil klassifiseer op grond van geloofsoortuiging en as jy buite 5 wat bekend aan mense is val, dan is jy 'satanis'?

Druids was op brandstapel gebrand, om ander te oortuig om christene te word? Ek wil niemand brand of oortuig nie!

Hans

  • 2

Kommentaar

  • Ek het al 'n paar bekgevegte op die lyf geloop met my siening van die bakkiesboek. Ek weet nie hoe dit werk nie en ek stel werklik  nie belang nie. Ek het al van die familie gevra om foto's waarop ek verskyn asseblief nie op die bakkiesboek te sit nie. Ek kan ook in my kouse skyt as ek by mense kom en hulle vroetel in geselskap met hul fone en stuur boodskappe of wat ook al. Ek het al mooi met die familie gepraat oor die foto-plasery en vir my ander helfte genoem dat wanneer ons weer by mense kuier en hulle met die fone vroetel gaan ek opstaan en huistoe gaan. Wanneer ek na iemand se geselskap voel tel ek die foon op en bel hom/haar. Dis geen wonder die mensdom het nie meer sosiale vaardighede nie, wat goeie maniere, etiket en respek insluit nie. 

  • Ek geniet Facebook nogal om in kontak te bly met vriende, maar ek het agtergekom die geheim is om jou "friends"-lysie so kort moontlik te hou. Moet nie "friends" versoeke aanvaar van enigiemand waarmee jy nie in werklikheid bevriend is nie. Ook nie van mense wat jy so vaagweg kan onthou van jou skooldae in die vroeë veertiende eeu nie. Op daardie manier word jy nie daagliks oorval deur drieduisend boodskappe van mense wat wil hê jy moet weet wat hulle nou net geëet het nie, en gemorspos bly ook minimaal.

     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top