FA Venter was 'n goeie skrywer

  • 2

In sy 4 boekreeks van Geknelde land, Offerland, Gelofte land en Bedoelde land gee hy sy karakters en hul lewe kleur op boeiende maniere. Hy skryf sy karakters, soms met hul gebreke, asof hul geskiedkundige figure was wat nog lewe. 

Ek het hierdie reeks oor 'n naweek gelees en tyd het stilgestaan. Ek het my jeug herleef, met beter insig. Destyds was ek 'n arm wit kind, met sulke wit kolle op wange, agv wanwoeding. Die boeke in die biblioteek het my na plekke laat reis waar ek nooit was nie. Ek het helde, sterre, konings en koninginne ontmoet. Ek het saam in Ethosha-panne in die Afrika wildernis die diere en plekke beleef. 
 
Die nuwe media is nou 'n verbruikerskultuur van onnosele videospeletjies en politiek-korrekte Hollywood-voorstellings. Ai, waar is die dae van ons groot Afrikaanse skrywers, wat uit die hart kon skryf?
  • 2

Kommentaar

  • Boeiend is beslis die woord Hans!

    Ek (as synde klaarblyklik 'n sogenaamde "millennier" - wat alom bekend is vir hul ruggraatloosheid en onbelangstellende en ongeërgde houding) het die eerste drie boeke van Venter se beroemde tetralogie aangekoop (by BB, weet nie of die hiper polities korrekte "Exclusive Books" dit ooit aanhou nie- glo nie) en gelees. Ek moet nog net "Bedoelde Land" lees. "Offerland", en die realistiese beskrywing van die gebeure by Bloukrans en Moordspruit, het my bloed laat stol! Ek het ook sy "Die Rentmeesters" gelees - loutere leesgenot!

  • Avatar
    Hans Richardt

    Charles, lees sy outobiografie getiteld "Kambro kind"! Boeiende vertel skryfstyl.
    FA Venter het verskeie boeke as homself en onder skuilname geskryf, oa onder 2 vroue skuilname liefdesverhale. Jy kan 'n hele boekery net van 1 skrywer se werke begin.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top