om eerlik t’wees, ‘k sal moet erken,
“Afrikaner” is eintlik ’n soort metafoor,
vir onkund’-ontkenning, flous, lieg,
-’n-bedrieg, ammeketa’, kontinuerend,
mede-Mens verslaaf, dour ónder hou,
probeer indoktrineer oor “fracking”,
“GM”, “Boesman”, “Duiwelspiek”,
“ras”, “klas”, pseudo-kosmetika,
bedek, toesmeer van smerigheid,
van struktuurgeweld, apartheid,
alles in “isiBhulu”-naam gedoen,
post-Broederbond-, -Messelaar-nalatenskap,
alles wat geheimsgewys geheim moes bly,
al word geheimhouers bloots deur stres gery,
suiwer submissie aan Duiwelspiekdissipelskap,
alles wat nooit, óóít in God se Omni-Paradys was
ignoreer Mens, koelbloedig, uitwissing,
van Naaste deur Naaste, onderdrukking,
kultuur van “Sterkste dra altyd uniform”,
sosiopatie, struktuurgeweldsindroom,
in Mens ingeplant, oor dekades, eeue,
deur kondisionering, indoktrinering,
Self-weerhouding, passief oorgawe,
aan pyn en lyding, sosio-ekonomies,
ongeletterdheid, ultra-weerloosheid,
magspel, meer Mens uit vryheid,
van vryheid beroof, deur oorlog,
magspel van globaal-uitbreiding
o God, Vader, is sjatan nou Mens se Redder,
Gewete, Siel, Gees nou aan dié ou toevertrou,
eisj, kan Mens Paradys met sulke idiote bou?
o Jirre, Allah, Buddha, Khrsna, Jahwe, Jehova,
al’t Lewe begint, hier in Baarmoeder, Ma Afrika,
as’k my sonde nie ontsien, eg-reg-eerlik is, sowaar:
“Africaander”, u eigene identiteit, moet nog definisie baar,
indien nie “wetenskaplik”, dan minstens nader aan waar,
Millennium Drie vir niemand ’n ‘happy-go-lucky’-leef-Tyd,
uwe taak in Gondwana, Spiritueel, Heilig, oppie keper b’skou,
sommer taamlik, heelwat, aansienlik, bai’ bitter ver van klaar
Jacobus Faasen

