Evangeliese Jesus was nooit getroud nie?

  • 0

Supra in gedagte, hoe volg die man Jesus se voorbeeld in ’n huwelik? Daar is ’n Paulus-verwysing na ’n werklike Jesus (Jood) wat ’n kerkvader in die vroeë Roomse kerk was in Kolossense 4 vers 11. Is dié Jesus Justus dan Paulus se klankbord vir die briewe se inhoud? Dis ook in dieselfde Kolossense-briewe, Kol 3 vers 18, waar die omstrede "Vroue, wees jul mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here" geskryf staan. Gebruik King James Afrikaanse vertaling as verwysing. Vir Christene is Jesus dié Here. Nou, as Jesus nooit in ’n heteroseksuele verhouding in evangelies was nie, waar kry Paulus hierdie vandaan, as ongetroude man wat sy liefde aan sy bediende verklaar? Jesus het geen seksualiteit in die 4 evangelies nie, hoekom dan die kerklike oksimoroon dat net heteroseksuele die Christelike hiernamaals kan in? Dan ruk dié Christene altyd nie-Christen Joodse wette uit in hul regverdiging van diskriminerende oksimoroon-kerkwette? Die kerk-affêres is nie raaisels nie, dis sommer net blatante weersprekings.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top