Eva
Intro x 4 ( Bm A E G)
Bm A G A Bm
Ek is daar as jy peins oor kom of staan
Ek is daar as jy besluit om wel saam te gaan
Ek is die een wat jou oortuig
Ek is daar as jy wonder, is dit goed of is dit sleg?
Ek is daar as jy besluit wat jy kies is reg
Ek is die stem wat jou verlei
Em Bm
Pre-Chorus Ons twee ken mekaar al jare lank intiem
Van die tuin tot nou
In jou lus plant ek die kiem
G A Bm
Koor: Jy is die mot, ek is die vlam
Ek is die leeu, jy is die lam
Jy is Eva en ek
Ek is die slang
Solo Loop x1 (stadig)
Jy drink my uit die glas wat ek jou bedien
Ek vul jou met gedagtes dat niemand jou sal sien
In sy oor fluister ek jou naam
Maar jy dra die blaam
Ek is daar as die storie breek, net soos sy hart
Ek is daar as hy vir jou sê julle hoort apart
En dit is net daar en dan wat ek jou laat gaan
Refrein
Solo x2
Refrein
![]() |



