Euterpe
Duskant hart-en-bos beloof ek my finale
totsiens aan jou op die spoor van Letjiesbos.
Uit ’n langafstand-katarsis-kaggelnag staan
’n moeg-hart-feniks op.
Vier velle perkament met keilskrif-musieknoot
versier dra ’n psalmpompie my posbeskrywing
aan jou oor Saamweespas.
Ek sweer my trou aan jou met die water van
Riviersonderend en laat aan jou ’n boesel liefde
voor jou deur in Deernisbaai.
En binne ons bakermat net voor Melkbosstrand
met ’n heilsbelofte hang ek jou liefde
vir ’n ewig om my hart.
![]() |



