Hoeveel invloed het etnosentrisme in antropologie en argeologie? Maw, hoeveel van die teorieë is etnies gesentreerd van oorsprong?
http://ethnocentrism.net/the-ethnocentrism-and-the-anthropology/
3Hoeveel invloed het etnosentrisme in antropologie en argeologie? Maw, hoeveel van die teorieë is etnies gesentreerd van oorsprong?
http://ethnocentrism.net/the-ethnocentrism-and-the-anthropology/
3
Kommentaar
Beste Hans
Daar is geen biologiese definisie vir ras of volk nie. Almal behoort tot dieselfde spesie en word as Homo sapiens geklassifiseer. Etnosentrisme behoort nie enige rol te speel by dissiplines soos argeologie en antropologie nie, want ‘ras’, ‘volk’ en ‘nasie’ is sosio-politieke konstrukte.
(Geografiese) skeiding speel egter hier ʼn groot rol, want skeiding en aanpassing by nuwe omstandighede bring verandering. Darwin se evolusieteorie is hierop gebou. Toe hy die Galapagos-eilande besoek het, het hy ʼn studie van die vinke daar gemaak. Hy het bevind dat dieselfde spesie vinke versprei oor verskillende eilande naderhand van mekaar vervreemd geraak het, tot so ʼn mate dat elke eiland naderhand sy eie spesie vinke gehad het. Die toets dat dit nou verskillende spesies was, is dat hulle nie met mekaar kon teel nie.
Geografies skeiding van die mens het so ook verskille veroorsaak sodat ons nou verskillende volke en nasies het oor die aardbol versprei, elkeen met sy eie gewoontes en kultuur. Ons het nog nie hier te make met nuwe spesies nie, maar ek dink ons is op pad daarheen. Ek sien dit onder andere in die haat wat een nasie teenoor ʼn ander het. (Jan Rap wil nie eens die woord ‘amazing’ in Afrikaans toelaat nie.)
Daar is natuurlik verskillende faktore wat hierdie evolusieproses in die wiele ry, soos bv die moderne wêreld wat as gevolg van onder andere die tegnologie al kleiner geword het. Daar vind groter interaksie plaas tussen lande.
Kan ʼn mens die wetenskap dit dus kwalik neem dat etnosentrisme in hulle vakgebiede ingesluip het?
Ek vra maar net.
Groete,
Angus
Angus, in kort, stem jy dus saam dat argeologie en antropologie slagoffers is van politieke korrektheid ideologieë?
As ons die oorvereenvoudigde geykte politieke korrektheid-argument van "almal bloei rooi bloed" gebruik. Hoekom kan jy nie beenmurg aan my skenk nie? Beenmurg is dan bron van rooibloedselle? Dan kan enige dier met rooi bloed in dieselfde taksonomie klas mos bloedskenker en skenker van beenmurg wees? Ek dink dat die 3% verskil in ons genetiese herkoms, wel onderskei tussen etniese herkoms.
Beste Hans,
As jy beenmurg nodig het, is daar geen rede waarom jy dit nie kan kry nie. Dit sal beslis nie my beenmurg wees nie, want ek het nog nie beenmurg geskenk nie. Beenmurg van dieselfde spesie kan oor en weer geskenk word. Die mens en die sjimpansee of die bobbejaan is nie van dieselfde spesie nie. Mutasies is die oorsaak van sowel voorkoms- as etniese verskille.
Beenmurgoorplantings word gedoen om pasiënte wat aan bloedkanker ly, te help soos leukemie, en lymphoma.
Eers word bestraling toegepas om die oorblywende beenmurg te dood voor die oorplanting gedoen word. Deesdae is die bestraling nie so hoog soos in die ou dae nie. Daar is verskeie prosesse waarvolgens die skenker kan skenk. Beenmurg kan van hom geoes word, of dit word van hom verkry deur middel van leukapheresis. In eersgenoemde proses kom die beenmurg van die heupbene, en die laasgenoemde proses kom dit van die skenker se bloed.
Alhoewel skenking onder narkose gedoen word, en dus pynloos is, sal ek maar liewer nie vir jou beenmurg wil skenk nie.
Groete,
Angus