enigste opsie

  • 0

ná so baie millennia se Gewete-loos onmenslikheid,
kry meeste struktuurgewelddadiglik, uiters swaar,
te veel, wat te min se wins, profijt, moet help dra,
te min besef, wat Skepper eintlik van Skepsel vereis

verg’t toewyding, eg-humanitêr, humanisties, te erken,
meerderheid Mens swoeg onnodiglik, te veel, vir brood,
uitgeput, moeg, nie meer vir Self-destruksie, oorlog, lus,
soek eerder ’n plek, waar Mens, Gewete, Sielvol, kan rus

ondanks onafwendbaarheid, stiptheid, krag van dood,
wil Mens, Self, graag Stryd, versus swakheid, mos wen,
want g’n Mens gee’t sommer so, submissiewelik, prys,
veral nie diegene, welwetend, Paradys was in Afrika

maar vir Mens, wat so kapitalisties voor Mens uitstaar,
bly daar g’n anner alternatief, opsie, nét neo-apartheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top