Goeiemiddag Jan Rap
Ek is ’n 63-jarige vrou en was my hele lewe tot op 38jr ’n lidmaat van een van ons Afrikaanse susterskerke.
Ongelukkig moes ek eers op 38 hoor, dat ek wedergebore moes word, om die Koningryk van God te kon beërwe.
Van my vroegste kinderjare, was ek ’n kind wat die woord gehoor het, maar van die waarheid van die Woord het ek niks gehoor nie.
Hoogdrawende preke, waarvan ons niks kon verstaan nie, het oor ons koppe gegaan.
Toe besoek ek en my man ’n Engelse kerk en vir die eerste maal verstaan ek die eenvoud van die Evangelie.
Ek het my byna oor ’n boeg gehuil, omdat ek nooit geweet het HOE LIEF JESUS vir MY, ’n swak mens was nie.
Ek kon nie verstaan hoekom moes ek dit in Engels hoor nie!
Uit die aard van die saak, is ons na die Engelse kerk, en het nog nooit weer terug gekyk nie.
Ek dink, jy kan jouself maar ’n guns doen en gaan luister maar na Angus.
Afrikaans is en bly my taal en ek is trots Afrikaans.
Gelukkig het die ware Kerk van Christus nie taalbeperkings nie!!
Elbe

