Kan mens sonder Engels die weg na saligheid vind? Ek meen, hier op die Sê is Afrikaanse ouens wat, in ’n Afrikaanse brief, Engelse Bybelversies aanhaal kan jy glo. Selfs as mense filosowe of wetenskaplikes aanhaal is dit in Engels, maak nie saak of die wyses antieke Grieke of Duitsers of Franse of wat ook al is nie.
Die dat ek nie Angus Buchan se sessies sal bywoon nie; ek voel as daar iewers vir my ’n boodskap is sal dit in Afrikaans wees. Terloops, lyk my Schalk Burger-hulle is Engels; in die Sondagkoerant was ’n SMS wat sy oom, Paul Burger, vir Schalk gestuur het en dit as Engels! Engelse Burgers? Seker moontlik, mens kry dan Engelse Van der Merwes. Waar gaan die wêreld tog heen.
Jan Rap

