Engele wat huistoe skryf
Agter maskers word emosies onderdruk
Die nostalgiese hede laat jou smag na die verlede
Maar die waarheid maak seer
Ek sal myself eerder in ? sprokie verbeel
Loop jy kaalvoet op die teerpad
en draaie in die sand?
Staan jy dalk op die rand van ? afgrond?
Want
REFREIN:
Jy’s nog ? liggie in die stad
Nog ? ster om die maan
En ek pleit by die engele wat huis toe skryf
Hulle sê dis so maklik om te vergeet
Sê vir my jy voel dieselfde
Vertel my net die ander helfte
van die storie waarin jy my held is
Loop jy kaalvoet op die teerpad
en draaie in die sand?
Staan jy dalk op die rand van ? afgrond?
Want
REFREIN
Jou tweedehandse woorde laat my koud
Wanneer liefde nie genoeg is nie
en die donker jou in sy arms vou, moet jy onthou
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


