"Engel Sonder Vlerke" deur Duane Louw

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Dit voel nog steeds soos nou die dag
Toe ons mekaar leer ken het
Ek het toe al gesien, jy is meer as net ? mens
Al vele kere het ons kop gestamp
En as jy slaap kan ek vergeet om te bel
Maar jy’s gemaak van fluweel, met ? hart van egte goud

REFREIN:
Geluk met jou verjaarsdag
En mag daar nog vele wees
Kyk net na almal om jou
Dan sal jy sien hoe spesiaal jy is
Meisiekind, jy kruip so diep, diep in ons harte
Jy’s ? engel sonder vlerke

Jy gaan soms uit jou pad uit
Sodat almal om jou smile
En my Facebook update nie homself nie
Jy raak die mense rondom jou
Op elke denkbare wyse
Jy maak ons lewens vol en ons is baie lief vir jou

REFREIN
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top