"Engel sonder vlerke" deur David van den Bergh

  • 0

Engel sonder vlerke

Vers 1:

Man van buite
Seuntjie binne

Jy moet nog leer hoe om:
Met emosie te praat
Met gevoel te skryf
Te dink met jou hart

Refrein:

Maar jy moet eers leer hoe om te bieg
Jy moet nog leer hoe om te vlieg – my engel sonder vlerke

Vers 2:

Man van buite
Seuntjie binne

Jy moet nog leer hoe om:
Met ’n blinde oog te kyk
Met ’n dowe oor te luister
Te tas sonder om te raak

Refrein:

Maar jy moet eers leer hoe om te bieg
Jy moet nog leer hoe om te vlieg – my engel sonder vlerke

Vers 3 (omwenteling):

Nou sluip ek saggies langs jou weg
Jy lê daar kaal, die silhoeët
Gooi ’n laken oor jou naakte lyf
Los ’n nota langs jou bed ... en bieg
Dat ek vir eers moet gaan
Sodat jy kan leer ... hoe om te vlieg

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top