"Engel sing" deur Robert Shipanga

  • 0

Engel sing

Vers 1

Ek ken ’n meisie met die naam van Ryn
Sy stap rond met manne vir ’n bottle wine
Sy is net vyftien en sy is net klein
Ek vra haar wat gan aan sy sê sy voel net pyn
Sy lig haar bottle en sy drink haar wyn
Haar trane dit rol, val neer op ground, ek vra haar
Wat gan aan, sy sê ek voel pyn
My lewe is donker geen son wat skyn
My stiefpa het my verkrag en my ma wil my nie glo
As ek kyk na haar dan sien ek hartseer in ha oë
Sy sê S-man! Luister ek hoop jy kan my glo ek is swanger en my lewe dit is hell
Die kind wil ek nie hê nie, ek vra hoekom?
Van ek het AIDS as ek en my kind eendag sterf dan hoop ek jy sal tog die storie vertel
Ek hoop die Here in die Hemel hy kan my vergewe van ek het geantwoord toe die devil bel

Chorus

2x Lord I pray night and day Lord
I pray please make a way
in this life this life of sin O my God I cannot stay

Vers 2

Ek ken ’n klein seun en hy’s net tien met die naam van Dennis
En hy het al dood gesien van sy ma is dood van kanker sy pa
Dood van AIDS Hy sê Here! Ek wens ek kon die dood keer
En hy huil en vra hoe kan dit met my gebeur soos ek
Kyk na hom begin my trane te loop ek kan dit nie keer nie
Nee glad nie kyk deur sy siel en ek sien sy hart dit is vas
Geknop saam met klomp sere stap onder die brug deur die reën
Deur die koue winter op sy liggaam is sere, stukkend skoen, gate in sy klere
Ek gee hom jacket hy beginne te smile, hy sê S-man, baie dankie, daarom
Glo ek in die Here geen kos om te eet nie ma my God hy sal voorsien
Hy gee my ’n drukkie en ’n soen op my wange in die Hemel S-man sal my God jou ontvang, trane glo my dit rol oor sy wange, hy sê S-man ons mense mak mekaar so seer die wêreld my skool, elke dag ek leer

2x soos hy stap kan ek hoor ’n engele sing

Chorus

Repeat 2x

Vers 3

Ek ken van ’n vroue wat in God vertroue met a pragtige baba van nege maande
Die kind van die pa hy het ander planne sy gan na die werk en hy verkrag sy baba
Luister !!!! sy was net nege maande sy kom van die werk vertrap hom in bed sy val op haarKnieë trek uit haar hare vuur en haar oë kyk hoe stan haar are sy skreeu iemand sê my is dan daar ’n Here sy byt aan har tande verdrink in haar trane sy hoe was haar baar van dit voel of dit wil bars sy krimp haar nou in smak haar hart is geskeur sy vra haarself hoe kan dit gebeur sy huil en huil iemand voel tog har pyn voel tog haar pyn.

Chorus

1x

Outro: Ons moet verander mense ek voel ek wil gospel op die mense gaan ek hoop iemand sal die song voel diep in hulle hart soos kom ons bid.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top