Geskryf vir: Straatligkinders
Waar was jy gisteraand?
Toe ek lankal al in droomland was
Was jy dalk hemel toe en terug?
En lê jy dalk hier langsaan my
Met jou arms styf om my lyf
Onbewustelik, my beskermende lig
REFREIN:
Jy is my engel
Gestuur van bo
Jy is my engel
Met die groot groen oë
Jy is my engel
My engel
En nou is ek nog hier wagtend
Vir jou my genesing
Om op my gewonde hart
? Pleister te kom plak
Vir ewig is ek vallend
My skaduwee trek my af
Sonder jou wit vlerke is ek verlore
Ek val en ek val en ek val net af
Van berge af
Ek val en ek val en ek val net tot
Jy my kom red
Ek val en ek val en ek val nie meer
Want jy's nou hier
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

