En nog ’n mite

  • 3

Max du Preez het op ’n kol in sy bearbei-die-mense-vir-die-NSA-radioprogram destyds gesê die een se terroris is die ander een se vryheidsvegter.  Dit is nie so nie; terreur is nie ’n relatiewe begrip nie. ’n Terroris saai terreur, plant bomme vir die doodmaak van siviele mense, val vrouens en kinders aan ens om die moreel van sy vyand af te takel.  ’n ‘Vegter’ raak slaags met die vyand se vegters.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • "’n Terroris saai terreur, plant bomme vir die doodmaak van siviele mense, val vrouens en kinders aan ens om die moreel van sy vyand af te takel."
    Soos byvoorbeeld die Britse en Amerikaanse bomwerperbemannings, toe hulle Dresden en Tokio onder die bomme gesteek het? Of die polisie wat op die ongewapende Sharpeville-betogers geskiet het? Of die Vlakplaasmanne toe hulle burgerlikes vermoor en doodgemartel het?
    "’n ‘Vegter’ raak slaags met die vyand se vegters."
    Soos byvoorbeeld Solomon Mahlangu en sy makkers toe hulle met die polisie slaags geraak het? Of die SWAPO-guerillas in hul skermutselinge met die SAW in Namibia?
    Lyk my daar is eintlik allerhande grys gebiede...

  • Brian
    Die voorval was op 21 Maart 1960. Volgens berigte was daar aanvanklik 'n skare waarvan beramings gewissel het tussen vyf en 10 duisend mense wat later aangegroei het tot 20 duisend. Die eerste klomp betogers het hulself bereid gestel om weens die weiering om 'pasboeke' te dra in hegtenis geneem te word, wat natuurlik 'n totaal onrealistiese saak vir die aanvanklike 13 polisiemanne was. Later het 130 gewapende versterkings opgedaag, ondersteun deur vier Saracen-voertuie.
    Die skare het volgens berigte hulself met klippe bewapen. Die betoging het momentum gekry toe die polisie 'n betoger probeer arresteer het. Laagvlieënde vliegtuie en traangas het egter die teenoorgestelde uitwerking gehad en betogers het dit met 'n klipgooiery beantwoord. Drie polisiemanne is getref. Toe die betogers dreig om die versperrings om te loop het - so word berig - jong onervare polisiemanne op die skare gevuur en 'n kettingreaksie uitgelok.
    Die reaksie was egter nie onverwags nie want twee maande voor dit is nege konstabels
    onder soortgelyke omstandighede by Cato Manor dood. Dit is betreurenswaardig dat baie vlugtendes van agter geskiet is. Daar was agt vrouens en 10 kinders onder die 69 slagoffers. Dit is egter 'n welbekende taktiek van terroriste-organisasies wêreldwyd om vrouens en kinders in die voorste geledere toe te laat welwetend dat hul dood die meeste wêreldwye protes sal uitlok.
    So hou Isis by Fallujah die oorblywende 50 000 burgers gevange tydens die beleg en skiet volgens onbevestigde berigte diegene wat waag om te vlug en die wat nie saam met hul wil veg teen die bevrydingsmagte dood.
    Ek lewer maar die kommentaar omdat elke storie tenminste twee kante het en die waarheid dikwels tussen die twee te vinde is.

  • Brian, die vrae wat jy vra kan jy self antwoord aan die hand van die definisie. Word vrouens, kinders en ander weerloses aangeval? Indien ja dan is dit terreur, so eenvoudig soos dit.
    Indien in Dresden weerloses aangeval was, was dit terreur, net soos die Britte se konsentrasiekampe en strategie van verskroeide aarde hier.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top