Emzansi in Orania: my gedagtes oor die film

  • 9

Hierdie film gebruik Orania as strafkamp teen ander etniese groepe. Die tema is feitlik onwaar. Al wat met hierdie studentefilm bereik gaan word, is rassehaat teen wit minderhede in die land. 

Dit is verwronge idees wat met hierdie film gevestig word, as sogenaamde kuns. 
 
Die enigma van Orania is die stowwerige Karoodorpie, waar wit, oud en jonk self moet werk. In die film word die landskap van KwaZulu-Natal se kuslyn duidelik gesien.
 
Vir my is dit rassistiese propaganda verbloem as "kuns"!
 
Hans Richardt
  • 9

Kommentaar

  • Miskien moet Orania hulle ook hof toe vat soos hulle met News24 gedoen het toe daardie verslaggewer ‘n klomp leuens versprei het. Wonder wie sit hier agter.

  • Dankie Hans, ek nie eers geweet die verderflike nonsens bestaan nie!

    Orania is vanweë die sukses en geluksaligheid van die inwoners daarvan beslis 'n doring in die vlees v/d "multi-kulturele" (lees: meerderheidsoorheersende, onderdukkende en onverdraagsame!) bende wat wil besluit wat jy dink en hoe jy dink. Maar, ja, vryheid van gewete en - assosiasie is mos kamtig gewaarborg !

  • Dankie Hans, ek nie eers geweet die verderflike nonsens bestaan nie!

    Orania is vanweë die sukses en geluksaligheid van die inwoners daarvan beslis 'n doring in die vlees v/d "multi-kulturele" (lees: meerderheidsoorheersende, onderdrukkende en onverdraagsame!) bende wat wil besluit wat jy dink en hoe jy dink. Maar, ja, vryheid van gewete en - assosiasie is mos kamtig gewaarborg!

  • Avatar
    Hans Richardt

    Charles, Orania is geen wit Utopia nie. Hier kap wit mans letterlik en figuurlik 'n dorpie uit klip om stad te word. Baie manne val hier, want daar is nie saamry en ander trek die wa vir jou nie. Baie gaan hier weg, want hul lugkastele tuimel inmekaar in harde ongenaakbare karoo koue of son. Baie wittes het dieselfde houding as politieke swartes, die lewe skuld jou iets, omdat jy wit en Afrikaans is. Dis nie welsyndorp nie, dis harde werk dorp.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, ons het blykbaar ook neukery met virus hier in Orania. Ons het hele 11 infeksies gehad in 6 maande, van mense wat in "buiteland" was..

  • Hans, dit klink vir my 'n gesonde plek om te lewe. As 'n mens daar wil eiendom koop, moet jy ook sê watter kerk jy aan behoort?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, dis proses. Jy moet polisieklaring kry, dat jy geen vorige veroordelings het nie en ook bewys dat jy nie voorheen bankrot was nie. Verder ook, mag jy nie CBD of ander afhanklikheid hê nie, maar manne rook twak en suip.
    Ja, jy moet aan 'n kerk behoort. Die beginsel van christen Afrikaner. Verder, jy koop aandeel as jy duur eiendom koop, so jy het nie Transport Akte om eiendom aan iemand met geen verblyfreg te verkoop nie.
    Ons het darem nou hoë spoed vesel internet, wat Akedemia sateliet moontlik maak. Wat ons dringend kort, is tandarts, wat tande kan regmaak, stop en vals tande...
    Die mees basiese diens kan verkry word, bv ons het klein hospitaaltjie met X-strale. Nie vir groot operasies nie...
    Ons naaste polisiestasies is 30, 40 en 50 km van ons.

  • Beste Hans, ja, dan is dit daarmee heen. Ek en jy sal nooit as bure in Orania, lekker oor 'n koppie boeretroos en anysbeskuit die wêreld in oënskou neem nie. Ek voel alreeds sleg daaroor dat ek my as Christen moes voordoen om verder te studeer, om 'n werk te kry, en om my blindederm uitgesny te kry by 'n hospitaal. Ek gaan sowaar nie weer so maak net om in Orania te bly nie.
    Die tandartse wat ek ken, is almal ateïste -- so julle sal maar met vrot tande en haasbekke moet klaarkom.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Angus, ons het tandarts Nodig. Hel, hy /sy kan nooit christen wees om mens soveel pyn te gee en nog sak vol geld te vra!!! Kan iemand met sadistiese streep ooit sy buurman/vrou liefhê soos hom/haarself?
    Angus, jy het tog as goeie Calvinis opgegroei, waar het alles verkeerd geloop???
    Hier is baie in Orania, wat Visie het en op Sondae wil werk, omdat hul nie Saterdae wil werk nie. Dalk kan ons jou "insmokkel", solank jy nie oorboord gaan met ewolusie in onderhoud nie. Dan, karringmelk is beter smaak of "sjokolade krummel" /"choc-chip" beskuit.
    Jy kan ten minste seep koop wat ek maak en my vennoot verkoop...
    Ons hoëspoed internet-sentrale het al geland, so sal jy by Akademia kan inskryf in toekoms.
    Gister sit ek en kyk hoe loop 2 swartes, wie aflewerings kom doen het, in straat. Rustig, sonder iemand wat bakstene of klippe na hul gooi. Ons "boere" is darem verdraagsaam...
    My motto is berekende DECORUM. My eksvrou het dekades altyd gesê dat ek berekende bliksem is... Dit het tweede natuur geword, want oral het man geleer van SWOT strategiese denke.
    Sterkte met die Tokkelossie en Amaglosi /voorvaders daar by jou...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top