"Emosie, Liefde of Sig" deur Samuel Du Toit

  • 0
Geskryf vir: Straatligkinders

Liefde die norm
Die onderdanige
Onbelangrike
Mees vergete
Abstrakte
Wonderlike…

Emosie!? 
Geskenk!? 
Voorwaardelik!? 

Leefstyl!? Miskien…
Die gevoel wat jy kry as jy jouself is!?
Die Vryheid van nie terug getrokke wees nie!?
Of die teenwoordigheid van jou dop wat minder
En minder sigbaar is!? 
‘n Begin….

Liefde die norm
Die onderdanige
Onbelangrike
Mees vergete
Abstrakte
Wonderlike…

Emosie!? 
Geskenk!? 
Voorwaardelik!? 

Wees lief,
Lief vir jouself.
Wat sal gebeur, as jy jou verbeul
Net vir n oomblik
Dat die redes hoekom jy nie kan wees nie
Nie daar is nie!?

Dan is daar stilte, ‘ n mooi stilte.
Daars nie rede om te dink nie.
Net te luister, na ander
Die stilte bring nuwe oë, nuwe sig
Sien liefde… en soek die antwoord

Wat is liefde
Die gevoel wat jy kry as jy jouself is!?
Die Vryheid van nie terug getrokke wees nie!?
Of die teenwoordigheid van jou dop wat minder
En minder sigbaar is!? 
‘n Begin…. 

As jy beginner vra, waste dop, is jy halfpad daar

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top