NYT: José Ortega y Gasset versus Diepsloot

  • 0

Hello Jan

Baie dankie vir hierdie reaksie van jou af, en daarmee kan gewerk word, alhoewel ek nie volledig saamstem met jou stelling dat ’n koerant nie objektief kan wees nie.

Daar is begrip vir die stelling gemaak dat die Wall Street Journal ’n ander aanslag ten opsigte van ’n politieke gebeurtenis (kan) hê as die New York Times, so ook met byvoorbeeld die Guardian aan die een kant en die Daily Telegraph aan die ander kant.

Die probleem is om daardie verskille in aanslag te kwantifiseer en bepaal waar in die koerant dit geskied. Maak enige koerant oop en dit sal duidelik wees daar is die segmente wat die nuus soos dit is aanbied, en dan die redaksionele kommentaar, waar die ontleding, analise en kommentaar gesetel is en dit is hier waar die verskille gevind word.

Dit kan aangevoer dat die Wall Street Journal meer “konserwatief” is as die New York Times wat gereeld beskuldig word daarvan dat hulle ’n liberale nuusblad en baie kritiek vir dit moet verduur, maar tog het dit David Brooks as ’n konserwatiewe kommentator. Die Wall Street Journal volgens my kritiseer Obama sonder ophou in sy redaksionele bladsye terwyl dit in die nuusgedeelte ewewigtig verslag lewer oor sy nuutste toespraak as ’n voorbeeld.

Die skeiding tussen nuus en kommentaar word soos volg deur Clark Hoyt, openbare redakteur van die New York Times definieer, na ’n klagte ontvang is waarin ’n leser kla dat “personal and nasty columns have no place in a paper that stakes its reputation on balanced journalism”.

Hoyt spreek dit soos volg aan:

The Times does have sections for opinion and for news, and their separate editors and writers do not tell each other what to do. Opinion writers write for the opinion section, and they are paid to have strong opinions, not balanced ones, just as the writers of Times editorials, who are not part of the newsroom, express their predominantly liberal opinions aggressively.

Hoyt kwalifiseer dit soos volg:

The Times, like most newspapers, long ago ventured far from the safe shores of keeping opinions only on the opinion pages. The news pages are laced with columns, news analysis, criticism, reporter’s notebooks, memos, journals and appraisals — all forms that depart from the straightforward presentation of facts and carry the risk of blurring the line between news and opinion.

Die gevaar soos deur jou uitgelig is sonder twyfel daar en vorm deel van die pakket wat ’n koerant is en dit moet die leser in berekening hou wanneer dit gelees word.

Tog slaag koerante tog daarin om die nuus te rapporteer in ’n mate wat vertrou kan word. ’n Wyle terug was ’n bespreking van José Ortega y Gasset se werk hier aangebied as ’n poging om rekenskap te gee van die toestand waarin Suid-Afrika kwansuis sou wees, net soos Closing of the American Mind, kwansuis rekenskap kan gee oor die toestand hier.

Vergelyk bogenoemde pseudo-sosiologie met ’n uitstekende verslag deur die einste New York Times wat verslag gelewer oor die lewe in Diepsloot.

Hierdie tipe van kwaliteit verslag oor Diepsloot kon nie gevind word in ’n plaaslike koerant nie en het Beeld net daarna verwys, net soos die BBC ’n uitstekende verslag oor die verval van Aurora Mines.

Dit is daarom duidelik dat die funksie van ’n nuusblad nie betwyfel kan word nie, al kan daar gepoog word om dit te probeer diskrediteer. Dit is nog steeds moontlik om ’n houvas op die werklikheid te kry.

Sou die Patriot ’n kritiese en objektiewe verslag oor Diepsloot kon bied?

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top