Jesus Camp – vir Kobus de Klerk

  • 0

Beste Kobus

Ek het ook die film Jesus Camp gekyk, en sal ook dit as ’n uitmuntende film beskou. Ek sal selfs so ver gaan om dit 8 uit 10 te gee. Ek dink tog dat jy dalk die kern van die fliek miskyk. Dit is juis daarop uit om die skokkende gebeure in hierdie evangeliese organisasies te ontbloot. Die manier hoe kinders uitgebuit, gedreig en gebreinspoel word ten einde van hulle gelowiges te maak, maak nogal mens se oë oop vir die wreedheid daarbuite. Ek dink die gedeelte wat jy gesien het, is te kort om ’n deeglike opinie te vorm. Kinders moet spontaan kan glo, en dit gebeur deur die ouers se voorbeeld en leiding. Dit kan nie onder dwang plaasvind soos wat dit in hierdie skokkende fliek vertoon word nie.

Ek is self ’n Christen, maar hierdie uitbuiting en vrees gedrewe bediening van die Jesus Camp, is geensins in lyn met die bediening wat ons as jong kinders ontvang het nie. Ek dink dit het bygedra tot die populariteit van die film. Dit het beslis baie mense se siening oor die uitbuiting van kinders deur militante gelowiges verander. Dit het ook as ’n waarskuwing vir verskeie ouers gedien om te verseker dat jou kind nie in die hande van sulke Christene beland nie.

Die goeie terugvoer wat die fliek gekry het, was glad nie as gevolg van enige geloofsboodskap daarin vervat nie. Dit was eerder agv die uiters goeie manier hoe die vervaardigers hierdie skreiende praktyke van skyn-christene oopgevlek het.

Groete in Christus

Jack le Roux

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top