Die lang Generaal – Jan-Jan Joubert se resensie

  • 0

Goeiedag

Ek het Die lang generaal gelees.

Aanvanklik (ongeveer die eerste 30 – 40 bladsye) het die boek vir my moeilik gelees, maar daarna kon ek dit nie neersit nie. Ek het die boek heeltemaal te vinnig gelees – net om so gou as moontlik by die einde te kom. Ek het dus geen historiese feite nagevors nie en aanvaar dat Jan-Jan Joubert se kritiek op historiese feite geldig is.

Ek is egter daarvan oortuig dat die verhaal nie vergesog is nie. Ek het intussen met heelwat mense gepraat wat die geskiedenis beleef het en die hoofkarakter persoonlik geken het. Om die boek summier af te maak as bog is vir MY bog. Moenie verbaas wees as die boek binnekort op ’n baie meer openbare platvorm gedebateer gaan word nie. Dit sal interessant wees om te hoor wat daaruit voortspruit. Fiksie? Sekerlik gedeeltelik.

Lientjie Luwes

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top