"Emain Ablach" deur Daniella Deysel

  • 0

Emain Ablach

Ek hou dop
net voor skemer
as jy dwaal, as jy draai
dansend tussen Woud en Koud
al om steengraf
waar Morgan le Fay jou dophou
Sprokjebos Nagmerrie

Maak toe jou oë en sweef
maak toe jou oë en sing
terwyl vreemde figure jou omring

dis net ’n vrolike Grimm-verhaal
môre brand skone son jou vuil
laken weer kaal
dis net ’n tydelike arsenaal
geskiet teen dit wat jou
waarheid bepaal

Maak toe jou oë en sweef
Maak toe jou oë en sing
Terwyl vreemde figure jou omring

Ek hou jou dop
Net voor sluimerslaap
Die lakens jou vel aanraak
Jou sprokieswêreld skep met elke gaap
Maak toe jou oë en sweef
Maak toe jou oë en sing
Terwyl vreemde figure jou omring

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top