Dis ‘n geval van “moet kyk” vir baie, waar daar geen ander opsie is nie. Die 7de Laanse akteurs en hul skrywers weerspieël dalk hul Johannesburgse Afrikaanse kultuur, maar nie regte Afrikaanse kultuur nie. Dis deesdae beter om ‘n supersluiper te wees en die ou spul by die staatsuitsaaier te laat aandonner met hul voorgeskrewe uitvoering van staatsbeleid. Dit voel egter of ‘n kat oor my graf loop as ek na die aapagtige manewales van oa Oubaas, Hilda en veral Paula en “Flooze” kyk. Dis so reg uit Jan Bom neffens die SABC-gebou. Nou ja, so word ons geld op Mercedes-motors en kak sepies gemors by die SABC, wat gou is om vinger na ander staatsdepartemente te wys vir swak dienslewering.
Hans Richardt

