Elke hond kry sy dag
Vers 1
Ek wonder of ek eendag die regte vrou sal kry, en of ek as ek oud is ook ’n Mercedes-Benz gaan ry. Ek wonder partykeer wat mense van my dink, dan onthou ek my ma se woorde, sy sê ... almal se voete stink.
Pre-chorus
Wees net jouself, wees jy net jy!
Chorus
Elke pot het ’n deksel, elke sleutel sy gat, elke huis het ’n kruis, elke hond kry sy dag, wat jy saai sal jy maai.
Elke aap dra ’n jas, ’n jas, ’n jas, ’n jas wat netjies pas.
Vers 2
Al is jy oorgewig, en jou tande bietjie geel, al stink jou asem, en is jou oë ’n bietjie skeel. Al hou nie van wat jy sien, as jy in die spieël kyk soos ek, onthou net altyd, jy is perfek.
![]() |




Kommentaar
Hierie mannetjie is 'n regte woelwatter met n mikrofoon, en met alles hie bydi werk! Talentvol en vol energie.
Volmoed Michael en bly hoog mik my vriend!
Alle sterkte in alles wat jy doen.