"Elektro klankgrepe" deur Benedikt Sebastian

  • 0

Elektro klankgrepe

E-LEK-TRO-KLANK-GRE-PE
E-LEK-TRO-KLANK-GRE-PE
Verbind my aan jou
Maak my vas aan jou siel
Ons is nou een
Ons is nou een

Ons ry deur leë strate
en soek na mekaar
gereflekteer teen vensters
flits ons verby.

‘n Klankbaan vertolk my
hoofweg en jou
klankgrepe skei ons
maar S.O.S. bevry.

E-LEK-TRO-KLANK-GRE-PE
E-LEK-TRO-KLANK-GRE-PE
Verbind my aan jou
Maak my vas aan jou siel
Ons is nou een
Ons is nou een

Van FM tot AM,
wit geraas en eggo’s
vind ons mekaar
suisend in donker.

Vertaal my magneties
of sing vir my ‘n sprokie
van positief en negatief
mekaar se balans.

Elektro-klanke en klank-
Let-ter-gre-pe.
Woorde bevry
ons uit hierdie doos.

E-LEK-TRO-KLANK-GRE-PE
E-LEK-TRO-KLANK-GRE-PE
Verbind my aan jou
Maak my vas aan jou siel
Ons is nou een
Ons is nou een

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top