Soos water wat vloei,
Kom hy aan in ’n draad.
Hy is moderne lewe,
Se beste maat.
Hy skakel aan,
As mense so beveel.
Maar hy kan ook ’n lewe,
Binne minute steel.
Hy word omgeskakel,
In verskillende vorm.
Hitte, beweging en lig,
As hy jou toebehore bestorm.
Deur steenkool,
Word hy wakker gemaak.
As hy lewe,
Wil jy nie aan hom raak.
Elektrisiteit,
Maak die lewe gerieflik vir jou.
Maar sy teenwoordigheid,
Moet jy nie altyd vertrou.

