in selfopgelegde ballingskap
kan die digter as buitestander
in die donker die kalklig vermy.
die kopsekak en kardiale ghwano
elders verdomp gaan stort.
met stug geslote smoel
en grof geswolle tong
bloeddorstige gedigte
aan die stom gepeupel
afsmeer, sonder om
enigsins verder
soos 'n zombie
hoef te dink.

