elegie 

  • 1

sonder kind of kraai met niemand wat enigiets van haar af  weet     miskien net somtyds
groet  iewers op die tweede vloer se trap
lê sy haar neer in kamer 9xx in Ocean View
met stukke blokke van haar gedagtes wat teen die berg aanwaai  die see
slaan teen die dolosse in die wind
trek haar beste aan in swart en kam haar grys hare vir die een wat haar met die botteltjie wit gaan vind
eksplisiet beveel

dit was ‘n grys dag   die finale stap alleen
met uitsig op die see  die berg   die visserskepe wat  beurend in die branders spat   die honde uitgelate in die sand

hoe het jy daar gekom? ‘n über-taxi gekry?
het julle oor die wind gepraat of stilwyend aangery?
in jou foto kyk jou oë stil en effens verleë na al die mense wat vinnig die beriggie lees op bladsy 5 ‘n wyle wag en aanhou blaai na die sport op die agterblad

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top