Elegie vir ’n baba

  • 0

Foto: Canva

Elegie vir ’n baba

So kort maar tog so lank
Net ’n vermoede, skielik omskep tot ’n werklikheid.
My eerste 
Van my weggeraap 
In die stilte van die nag, in ’n diep slaap.

Verwarring,
Skuldgevoel,
Gebroke hart,
Donker nag, stille trane.

Net een dag het ek jou geken.
My arms kon jou nooit vashou, 
maar my hart sal jou vir altyd onthou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top