Ek's so kwai
Ek's so kwai ek laat die son in die nag skyn
ek vang ’n walvis met ’n handlyn
Ek's so kwai ek installeer my eie grondwet
ek kan miljoene mense op dieselfde tyd red
Ek's so kwai ek voel al soos ’n superhero
ek kan ’n woestyn se temperatuur laat daal tot zero
Ek's so kwai ek eet handgrenade vir ontbyt
ek dra my horlosie onderstebo, want ek maak my eie tyd
(chorus)
Yea ek's so kwai, ek kan dit self nie verstaan nie
Dis deur my dat dinosaurs nie meer bestaan nie
so kwai dat ek myself nie kan keer nie
so kwai dat ek dit self nie meer kan beheer nie
(chorus)
Ek's so kwai ek maak die kaggel met my vingers brand
ek surf die internet deur ’n koerant
Ek's so kwai, ek het my persoonlike suurstof,
terwyl dit dag is werk ek nagskof
Ek's so kwai, miljoene haters kritiseer my
Ek's so kwai, Chuck Norris respekteer my
Ek's so kwai, alles wat ek doen, doen ek soes dit moet wies
Ek's so kwai, even Vuyo vra my vir advies
(chorus)
Ek's so kwai, ek eet my pap met susadi-stokkies
Ek ry 300km/ph met speelgoedtrokkies
Ek's so kwai, ek bak ’n brood, maar gebruik nie dieg nie
Ek's so kwai, so moet asseblief nie sê dat ek lieg nie
(chorus)
![]() |



