"Ek’s nog baie lief vir jou " deur Zelda Ferreira

  • 0

As ek jou sien verbyry
Smelt my hart sommer net
Ek het dit nooit vir jou gesê nie
Maar ek wens tog só ek het

Van ál die mense wat ek ken
Staan jy die meeste uit
Dan laat weet jy my altyd
Ek leef met my besluit

REFREIN:
Maar as ek net een keer na jou kyk
Wil ek jou sommer net vashou
Sonder dat iemand weet
Want ek’s nog baie mal oor jou
En as jy net een keer vir my kyk
Wil ek jou sommer net vashou
Sonder dat mense weet
Want ek’s nog baie lief vir jou

As ek jou naam op my foon sien
Wil ek só graag met jou praat
Ek wil jou allerhande vrae vra
Is sommer op soek na raad

Waar het alles so skeef geloop?
Sal ons kan oorbegin?
Hoekom het ek jou verloor?
Wat het my besin?

REFREIN
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top