Ekonomie Twee struktuurgeweld

  • 0

Eerste Mens smaak’t oor ’n mik, stukkend,
wanner druppels in gelid, konvooie, linies,
groot skares, menigtes, superbevrugtend,
neerdaal, verstaan, sien Eerste Mens, mooi,
op skaal, binne konteks van vrugbaarheid,
ergens in Boek Praat God daarvan, “Seën”,
Sy Seun’t nie alte verniet so bloed g’sweet

 

Mens, mede-, kort net Naasteliefde, Waardig,
dan’s Lewe op dees Planeet, Aarde, aardig,
vol van Vrede, Geregtig-, vol Heiligheid, kwai,
amper soos’T, in Lewe Twee, sal moet Syn

sou Mens ontslae kon raak van superioriteitsindroom,
van “ras”, “klas”, apartheid, “Duiwelspiek”-mentaliteit,
gewetenloosheid, wetteloosheid, illegitimiteit, boosheid,
onwettigheid, ongehoordheid, ultra-onkunde-ontkenning,
oorlog, haat, skeiding, erge stryd versus Gewete-redding,
word elke minuut nog ’n mens misdaadstatistiek,
nog ’n struktuurgeweldsiklusslagoffer, opgeoffer,
voor superdemoon se superdemonies demonika,
Self-destruksie verfyn, verromantiseer, opgehemel,
“Duiwelspiek”-gelowiges sonder tyd vir moraliteit

God, Mens wag vir U Oordeelsdag,
Ekonomie Een Kapitalis wil nie erken,
stelsel faal, redelikheid begin t’wen,
vals stelsel val, dié van uitbuitery,
van onmaatskaplik, onverantwoordelik,
onseremonieel, oneties, onmenslik,
uitbuitery bevorder, moord-’n-doodslag

stemme van geloofsleiers tjoepstil,
Waarheid in rioolstelsel in, o tjorts,
in der waarheid wind-uit, papsak,
Gewete-herwinning nie op agenda,
van nyweraar, tenderpreneur,
industrialis, mynbaas, speler,
spinsangoma, hofnar, kneg,
hoipolloi’t lankal futiel geveg,
sonder sprake van weer toi-toi,
of beter planne oor beter lewe,
vir almal, rolmodellisties, van bo na onder,
soos dit NDR-lik vryheidsvegter sou betaam

o jinne, as’k leier was, sou’k my skaam,
groter geheelbeeld, soos ’n ploefplofsepie,
emosioneel geïgnoreer, apaties gereduseer,
tot wat’t werklik is, alleenwil van uitsaaier,
soos innie raadsaal, so ook op ons skerm,
sonder inspraak, inset, wil van meerderheid,
iewers in ’n tjôtjômbie, hoenderhok, op Vlak,
êrens in Ekonomie Twee se armoede, HIV,
net so ongeletterd soos Eerste Mens was,
toe’l hul land aan inkommers af moes gee

Jacobus Faasen 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top