Ek het gisternag hier aangekom na 22h00 in Karoo! Baie was papsak- en botteldronk! Vanoggend luister ek na Bob Dylan/Joan Baez-duet- 'with God on our side' terwyl meeste in hul kerkgewaad koers kry om 'n stukkie 'hiernamaals' in hul Babelaas besope geestestoestand te gaan soek of is dit vir gisternag se vergrype in die kan en stinkvinger speel?? Ek vloek verskriklik, dink dis wat eksvrou as rede vir wegloop met haar kêrel aangevoer het dekade of wat terug ...
Ek het gisternag gevloek oor my gebreekte en gesteelde goed, sinneloos ...
Tog is ek net myself! My punt, met 'God' aan jou kant kan mens skynbaar maar vernietig wat jou nie pas nie?
It was the best of times, it was the worst of of times...?
Hans



Kommentaar
Mmmm,
Het gedink daar skuil in jou gemoed donker dinge omtrent jou en eksvrou. Oorsaak van jou gevoelens. Meer as wat jyself besef... Ek lees dit tussen die lyne van jou briewe.
Ek het vir jou verassing Hans, jy kan maar vloek, jy mag God ook maar vloek (weet KdK gaan nie saam my stem, maar hoop jy verstaan wat ek vir jou probeer sê) God is groot genoeg om dit te kan vat!
Ek bedoel dit goed, nie sarkasties.
Sterkte met jou lewe
Trienie