"Ek wonder" deur Nolan Sampson

  • 0

Ek wonder

Ek sit en staar in die ruit
na die persoon wat terugkyk
Ek wonder of ek kan vasbyt
En ek wonder
Is dit ek of was dit jy
wat die liefdespad vermy?

Omsingel deur soveel vrae
Bedek deur duisende lae
van leuens en duisternis
Maar ...

REFREIN:
Bevry my, neem my saam
na waar antwoorde wag
Bevry my, sing my naam
Oor wat op ek en jy wag
Bevry my van geslote hekke
waar ek wonder of jy op my wag

Ek loer na die leë fotoraam
op die bedkassie langs my bed
Ek wonder onthou jy my naam?
En ek wonder
Is dit jy of is dit ek
wat die liefde uitrek?

Omsingel deur soveel vrae
Bedek deur duisende lae
van leuens en duisternis
Maar ...

REFREIN

BRUG:
Onbekend is jy vir my
Ek wonder wie is jy
wat hier leef diep binne in my
Die geheim sal my bevry
eendag wanneer ek jou kry

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top