"Ek wil uitgaan" deur Ewan du Preez

  • 0

Ek wil uitgaan

Laat in die aand
Sit my tannie met ’n koffie en ’n sigaret in die hand
En sy luister na Fonnie met sy towerstem
En konsertina-radio-band

Sy dink toe terug aan die goeie ou dae
Op die plaas in die Noord-Transvaal
Waar Thys Vermaak haar Vrydae-aande
Met die Nissan-bakkie kom haal

En sê:
Ek wil uitgaan!
Na die skuur waar ons mekaar so skelm soen
Na die skuur waar almal die two-step doen
En waar konsertina vibes, konsertina vibes
My siel versoen

Nou in die skuur was daar ’n vloer
Waar almal lekker kon dans
Konsertina vibes het haar gevang op 16
Net by chance

Maar sy snap toe uit
En vat ’n trek aan haar rokende sigaret
Dink toe terug aand die 60’s tyd
Met die choas en al die pret

En sê:
Oh hel ek wil uitgaan
Na die skuur waar ons mekaar so skelm soen
Na die skuur waar ons lekker die two-step doen
Konsertina vibes, konsertina vibes
My siel versoen

Maar sy's nou oud
En haar koffie is koud
En Thysie is nie meer
Hy't vrou gevat daar in Stellenbosch
En toe raak haar hart seer

Sy verkoop toe die plaas
En vat haar goed
Trek Pretoria af
Waar konsertina vibes nog altyd leef
En memories verskaf ...

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top