"Ek wil jou vasmaak aan my" deur Heinrich J Jacobs

  • 0

Ek wil jou vasmaak aan my

Ek staan voor jou en jy kyk in my oë.
Ek sien hoe ek myself saam jou verloor.
Op ’n ander planeet so ver van die son
Staan jy langs my en ons kyk hoe kom die son op.

Want ek wil jou vasmaak aan my
Ek wil jou nooit laat gaan
Jy is my droom-girl,
Sal jy ooit verstaan
Hoe ek oor jou voel en
Wat ek bedoel as ek sê
Ek wil jou vir my hê.
(Speel twee keer)

As ek vanaand voor jou staan
En jy kyk in my oë
Ek sien hoe die wêreld verander
Maar jy bly steeds my steunpilaar
’n Plek waar ek myself kan vind
En waar die liefde my aan jou sal bind
Want ek wil jou vasmaak aan my
Ek wil jou nooit laat gaan
Jy is my droom-girl,
Sal jy ooit verstaan,
Hoe ek oor jou voel en
Wat ek bedoel as ek sê
Ek wil jou vir my hê.
(Speel twee keer)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top