Ek wil bly waar ek bly
Daar’s te veel wat gebeur in die land van ons
Te veel wat my pla, te veel geld word gemors
Daar’s soveel seer en soveel meer
Ek sukkel om te bly in dié land van my
Dis die mooiste grond wat jy kan kry
Met die hoogste berge wat afkyk op my
Koue warm water al langs ons sy
Dis net die mense wat hier bly
wat die heeltyd baklei
Ek wil bly waar ek bly, gaan waar ek gaan
Meer van ons land sien
Ek wil Zoeloe leer praat, Kaapse Klopse dans
Kerrie eet vanaand en Soweto toe gaan
As ons vrede kan kry, in die land waar ons bly
As ons nou hande vat sal iets gebeur
Oud, jonk, maak nie saak watse kleur nie
Ek sal luister as jy praat, maar hoor as ek sê
die kinders van Afrika wil vrede hê
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


