Ek wag nog vir jou
Ek sit hier alleen en dink net aan jou
Aan die tye wat ons saam spandeer het
Aan die drome wat nog voorlê
Nog ? dag is verby en ek is weer alleen
Jy was myne en nou is jy weg
Ten spyte van alles verlang ek nou
Ek wens ek was daar toe die dood jou kom haal
En die donker skadu’s jou oor val
REFREIN:
Ver in die vlakte staan
die wind pomp en draai
Terwyl die winde
deur die grassade waai.
(La ra ra la ra la ra la ra)
So draai my gedagtes
ook nou
Dis kwart oor vier
en ek staan weer hier
op die plaas in Bronkhorstspruit
Verlate is die lande
Gebroke die huis
Stukkend, verpletterd
Net soos my siel
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


