"Ek verlang vanaand na jou" deur Manie Kemp

  • 0

Ek verlang vanaand na jou

Sit in my kamer huil aaneen
Jammer vir myself want ek voel alleen
Gister was jy hier vandag is jy daar
Jy's hier jy's daar jy maak my klaar

Loop in die straat ek voel so vaal
op en af ek is verdwaal
Mense kyk na my hul dink ek's mal
Lyk soos ’n ou wat van die wal af val

Maar ek verlang vanaand na jou
as die winterwindjie waai
Ja ek verlang vanaand na jou
as die winterwindjie om my draai

Jy het my bekoor
Jy het met my getoor
maar nou kyk jy nie meer na my

Ek het jou verloor
Nou voel ek sommer goor
want jy stap nou daar ver verby

Vroeg in die oggend wil jou bel
Stuur ’n SMS'ie na jou sel
Klop aan jou deur jy maak nie oop
Ek sien jou huis is reeds verkoop

Dink jy wil vir my iets sê
Dink jy wil my nie meer hê
Sit in my kamer huil aaneen
Jammer vir myself want ek voel alleen

Maar ek verlang ... (refrein)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top