Ek verlang nog na jou
Ten spyte van als
Verlang ek nou
Ek wens ek was daar
Toe die dood jou kom haal
En die donker skadu’s
Jou oorval
Koor
Ver in die vlakte staan
Die wind pomp en draai
Terwyl die winde
deur die grassade waai.
(La ra ra la ra la ra la ra )
So draai my gedagtes
Ook nou
Dis kwart oor vier,
En ek staan weer hier
Op die plaas in Bronk-horst-spruit
Verlate is die lande
Gebroke die huis
Stukkend, verpletterd
Net soos my siel
![]() |



