Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Ek kom sweer weer verskonings uit, ek is oorwin deur my eie vrees
En my siel vir, my siel verdwaal want net een soen is al wat dit kos
Pre-refrein:
Vir die kettings om my hart te vind en dan val ek deur ’n leun wat sink
Ek haat myself, ek haat dit!
Refrein:
Kom en vee trane weg! Want die liefde word verkrag!
Hoor die stemme, al die stemme skree genade…smag na waarheid
Vers 2:
Ek betwyfel jou elke woord, want ek weet daar’s meer as wat ons sien.
Glo dit of nie, glo jy word verkoop! En ons is meer werd as wat hul gee.
Pre-refrein:
Maar die monster in die T.V leer ons kinders hoe die liefde lyk
Maar op ? kruis was dit reeds bewys!
Refrein:
Kom en vee trane weg! Want die liefde word verkrag!
Hoor die stemme, al die stemme skree genade…Wees genadig!
Brug:
Was my weer weg leer ons wat is reg
Leun oor my oë val op die vloer (x4)
Pre-refrein:
Maar die monster in die T.V. leer ons kinders hoe die liefde lyk
Maar op ? kruis was dit reeds bewys!
Koor:
Kom en vee trane weg! Want die liefde word verkrag!
Hoor die stemme, al die stemme skree genade…Wees genadig

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

